Die album begin met 'n vinnige tempo met die titelsnit, maar nes jy dink dit kort 'n mooi ballade, trek hy weg met Daar Sal Nuwe Winde Waai, 'n ballade wat 'n mens laat goed voel oor die lewe. Ander hoogtepunte is Daisy's uit die Kerk Se Tuin - 'n duet saam met Nanette Nel wat beslis na 'n treffer klink - en Wie Sal Kom Nag Sê waarna jy weer en weer sal wil luister

Dan is daar nog die prettige liedjie Sommer So met sy snaakse lirieke. Onder die sewentien snitte op die album is twee Engelse liedjies:

Roy Orbison se I Drove All Night en Bad Boys Blue se Love Is No Crime. Die kunstenaar beskryf die album op die CD-omslag as sy ''coolste Afrikaanse CD ooit'' en sy aanhangers sal beslis saamstem - HUIGENOOT Feb 2009.

 
     
 
 
 
 
 
5. Sommer So
 
6. Daar Sal Nuwe Winde Waai
 
7. Daisy’s Uit Die Kerk Se Tuin - Duet Met Nanette Nel
 
8. Gelukkig Aan Jou Sy
 
9. Is Ek Net ‘N Dromer
 
10. Ek Verlang Nog Altyd
 
11. Verewig Aan Jou Sy
 
12. I drove all night
 
13. Ek Soek Na Jou
 
14. Love Is No Crime
 
15. Wie Sal Kom Nag Sê
 
16. Agter Moes Laat
 
17. Bonus Snit - Jodel Liedjie (Remix)